K.O.B.U.S!
Francois Breytenbach Blom – Stemme
Theo Crous – Kitare
Paul André Blom – Dromme
Pierre Tredoux – Baskitaar
“K.O.B.U.S!” is in November 2000 gestig. Hul debuut CD, eenvoudig getiteld “Kobus!” is by KKNK 2002 vrygestel. Vanweë die elektroniese aard van die album tree hulle met backtracks, kitaar en Dj Fokolnonsens op. Mees populere snitte is Hoenderman, Gee Raat en Jou oe. Videos: Hoenderman, Dink jy Nou, Sondagmiddag, Aardskok.
Hul tweede cd “100% Skuldgevoelvry” is vrygestel in April 2004. In hierdie jaar het hulle ook baskitaarspeler Rob Nel en dromspeler Paul Blom bygevoeg vir lewende optredes. Mees populere snitte is Die Storie van Karel Void, Heldersiende Bedelaar en Volk van Main. Videos: Die Storie van die Duiwel & die Engel, o Boereplaas, Waar die Antwoord verskyn, Drome te Bestel.
Die derde album, “Swaar Metaal” word in Maart 2007 vrygestel. Rob Nel word vervang op baskitaar deur Pierre Tredoux.
Die album is musikaal meer uniformig as die vorige twee. Die heavy metal elemente wat aangeraak is op 100% word deurgevoer en maak Swaar Metaal die swaarste afrikaanse album nog. Snitte sluit in Doodstraf, Kinderhel en Witman. Videos: Doodstraf, Swaar Metaal, TienerAngs.
THEODORUS LOUIS CROUS Tydlyn:
1994
- Stig Springbok Nude Girls
1995
- Stel “Neanderthal 1” vry.
1996
- Sluit platekontrak met Sony Int.
- Stel “It Became a Weapon” vry.
- Word “FNB-SAMA” toegeken vir “Best Rock Performance”
- Snit “Genie” bereik no.1 op 5FM Nasionale Top40.
1997
- Stel “Bevest” vry
- Snit “I Love You” bereik no.2 op 5FM Nasionale Top40
- Stel “Afterlifesatisfaction” vry.
1998
- Snit “Supergirl” bereik no.7 op 5FM Nasionale Top40
1999
- Stel “Omnisofa” vry
- Snit “Blue Eyes” bereik no.2 op 5FN Nasionale Top40
2000
- Stel “Surpass the Powers” vry (Opgeneem in New York)
- Stel “Optimum” video kompilasie vry
- Word “FNB-SAMA” toegeken vir “Best Rock Album”
- Stig “KOBUS!” saam met Francois Breytenbach Blom
2001- Stel “Relaxzor” vry (Opgeneem in New York)
- Word “FNB-SAMA” toegeken vir “Best Rock Album”
- Springbok Nude Girls finale toer
2002
- Reik KOBUS! debuut cd uit
2004
- Reik KOBUS! 100% Skuldgevoelvry uit
2007
- Reik KOBUS! Swaar Metaal uit
FRANCOIS BREYTENBACH BLOM Tydlyn:
1986
- Stig “Moral Decay”
- Stel demo “Under Your Skin” vry
1989
- Stig “Uncle Vinnie”
- Stel “The Original Acid Beat” vry
- Sluit aan by Voice of Destruction (V.O.D.)
1990
- Stel V.O.D. “The Seventh” vry
1991
- Sluit kontrak met “Inhouse Records”
1992
- Stel V.O.D. “Black Cathedral’ vry
- Stel Uncle Vinnie “In Dog We Thrust” vry
1993
- Stel V.O.D. “The Death of Africa” vry
1994
- Stel V.O.D. “Finale Dead” vry
- Snit “Black Cathedral” bereik no.1 op Sweedse Heavy Metal chart
- Sluit kontrak met Duitse maatskappy “Morbid Records”
- Stel Uncle Vinnie “The Fooking Kompleat” vry
1995
- V.O.D. gaan woon in Londen
1996
- Stel V.O.D. “Bloedrivier” vry (Opgeneem in Yorkshire, UK)
- Snit “Religion” bereik no.4 op MTV Duitsland “Most requested Heavy Metal Videos”
1997
- Stel V.O.D. “Video Vixens” video kompilasie vry
1998
- Terug in S.A./ Stig Die Kruis
- Stel Uncle Vinnie “Nonmusic Assassin” video kompilasie vry
1999
- V.O.D. laaste toer
2000
- Stel Die Kruis “Begrawe Jou Engele” vry
- Stig KOBUS! saam met Theodorus Louis Crous
2002
- Stel KOBUS! debuut vry
2004
- Stel KOBUS! 100% Skuldgevoelvry vry
2007
- Reik KOBUS! Swaar Metaal uit
PAUL BLOM –dromme :
Speel dromme sedert 1986. Speel in Moral Decay saam met broers Francois en Henri-Jacques. Begin die oorspronklike Metalmorphosis in Kaapstad 1988/89 met Francois. Sluit aan by Voice Of Destruction in 1989 – Toer Europa ‘96-‘97. Begin sedert 1993 video produksies vervaardig – insluitende KOBUS! musiek videos. Is sedert 1997 vryskut vermaaklikheidsjoernalis en skryf musiek, rolprent en Playstation resensies & artikels vir verskeie publikasies en eie website - (www.flamedrop.com ) Paul is sedert 2004 ‘n permanente lid van die K.O.B.U.S!
PIERRE TREDOUX –Bass kitaar :
Pierre het opgetree saam met o.a. Die Wit Kaffers, Valiant Swart Band en The Uninvited. Pierre is ‘n permanente lid van die K.O.B.U.S! vanaf Jan. 2007.
