BED ON BRICKS BRASSE VANNIE KAAP FLAT STANLEY FOTO NA DANS JACKAL + WOLF K.O.B.U.S! LARA FRANCES LUNA MYBURGH GROBBELAAR SIMON ORANGE TRIO VALIANT SWART WILLIM WELSYN

LARA FRANCES

Lara Frances se debuutalbum “High on Life” is `n verfrissende mengsel van Afrikaanse en Engelse pop en nu-folk –liedjies. Met haar kenmerkende helder stem, intelligente lirieke en stylvolle verhoogpersoonlikheid, is sy reeds deur die vervaardigers van Noot vir Noot raakgesien en genooi om as gaskunstenaar in `n opkomende episode op te tree. (Uitsaaidatum: 13 Julie)

Dié student in bedryfsielkunde is “iets in die twintig en ten volle tweetalig” en dit is daarom dat haar album soomloos tussen Afrikaans en Engels beweeg. Die bindende faktor is ‘n jong vrou se ondervinding van die lewe en die liefde sonder om te soetsappig te raak.

Die titelsnit, “High on Life”, is pure pop wat met sy onweerstaanbare wysie haar “New Age Madonna” onafhanklikheid vier. Daar is verskeie sterk radio-liedjies waarmee Lara ‘n wyer gehoor sal kan bereik met die res van haar eklektiese musiek. Die titelsnit “High on Life” is reeds op hoë rotasie op Highveld Stereo, KFM, OFM en verskeie kampus radiostasies se speellys. Snit 1 “Scream” kan ook op Jacaranda fm gehoor word.

Lara se emosionele intelligensie spreek duidelik in haar lirieke. Haar helder stem verdryf die “monsters’ van die lewe met ‘n verbasende lewenswysheid vir haar ouderdom.

Daar is wel soms`n bittersoet realiteit wat inkruip in liedjies soos “Wyn” – “Jy lyk nog tien keer beter ná nog ‘n glasie wyn” en “Die lewe is ‘n lied, so sing, Bliksem, sing” in “Lola”. Maar aan die einde beskaam die hoop in haar eerlike lirieke allesbehalwe.

Daar is ook ‘n paar akoestiese liedjies waarop Lara self die kitaar nadertrek. ‘n Liefde wat sy om kampvure op die strand aangeleer het à la Jack Johnson en Tristan Prettyman.

Lara Frances se liedjies balanseer intensiteit en welsprekenheid met kreatiewe vaardigheid en eerlikheid.

In kort, `n Vurige mengsel van delikate musiek.
Nota: Verskeie artikels en resensies oor Lara Frances het onlangs verskyn in VONK, DIE BURGER JIP, KAMPUS BURGER, DIE MATIE, VOLKSBLAD JIP, DIE BURGER OOSKAAP.

Vir meer informasie, onderhoude en fotos kontak Liny Kruger by Rhythm Promo: 021 556 1726 / 082 464 1926 / liny@mweb.co.za