VALIANT SWART
“As Leonard Cohen in die Norton Anthology of Poetry opgeneem is, hoort Valiant lankal in die Groot Verseboek”
– Danie Marais, Beeld
Valiant Swart se nuutste album “Horisontaal” is in Junie 2006 uitgereik. Hierdie langverwagte album het beide kritici en aanhangers gaande. Die 12 splinternuwe liedjies is vintage Valiant en neem die luisteraar weer eens op reis deur Valiant se rock ‘n roll landskap. “Horisontaal” is in Oktober bekroon met die Huisgenoot Tempo Toekenning vir Gewildste Rock Album (wenners is bepaal deur publieke stemming). Die treffer “Tussen die lyne” het die speellyste van RSG, Jacarandafm en OFM gehaal en het op OFM se Top 20 die nommer 4 posisie bereik. Verskeie snitte vanaf die album word ook gehoor op MFM, Puk Radio, Kovsiefm, IFM, Overvaal Stereo, Radio Rosestad, VCR, Radio Pretoria, Radio Rippel, Radio Kragbron, Radio Laeveld etc. Valiant het net soveel aandag in die geskrewe media geniet met die uitreiking van “Horisontaal”. Hier volg`n paar uittreksels uit artikels en resensies wat bevestig dat Valiant een van die belangrikste kunstenaars en liedjieskrywers van ons tyd is.
“Na 12 suksesvolle albums wat strek oor `n loopbaan van omtrent 16 jaar is Valiant Swart veel meer as net `n bekende naam op die Suid -Afrikaanse musiektoneel. Valiant se oortuigende boere-rock aanslag het iets diep in die publiek kom roer, en aanhangers kan eenvoudig nie genoeg van sy eksklusiewe klank en verwerkings kry nie. “
– Mandi Jordaan, abouTime.
“Steeds stuitig en steeds aan die brand. Steeds besig om huilende kitare nek om te draai in laatnag-klubs en steeds besig om mense histeries te maak met sy warm woorde en wilde wysies.”
- Jaco Nel, Tydskrif Rapport
“Belangriker vir my is die lirieke. Valiant kan skryf. Of beter gestel, hy kan beskryf. Sonder pretensie kleur beeldspraak en woordspelings sy songs op Horisontaal in.”
– Chutney de Ridder, Die Burger JIP
“Daar is lank gewag vir Valiant Swart se nuwe album en die wag was elke sekonde werd. Valiant is `n meester wanneer dit kom by lirieke en op Horisontaal wys hy weer hoekom hy bekend is as een van die beste liedjieskrywers in Afrikaans” – Ilza Roggeband, Huisgenoot
Valiant het in 2006 ook ontpop as `n rubriekskrywer en het bydraes gelewer vir onder andere Insig, Wegbreek en Nuwe Wiel. Valiant Swart het meer as 100 vertonings gelewer in 2006.
Feeste en groot produksies sluit in: KKNK EN KAKTUS OPPI VLAKTES, OUDTSHOORN - Maart OPPIKOPPI – EASTER – April MK89 TOER (met Fokofpolisiekar, The Parlotones, The Narrow en Brasse Vannie Kaap) – April/Mei CEDERBERG FEES – Mei HORISONTAAL TOER - Junie VOLKSBLADFEES (met Laurika Rauch) – Julie TOER NA LONDEN (vier vertonings) - Julie OPPIKOPPI ROCK PAPER SCISSORS - Augustus HUISGENOOT SKOUSPEL – Oktober ROBERTSON ROCKS – November NICO CARSTENS HULDIGINGSKONSERT - Desember Valiant het groot planne vir 2007. Hy het onlangs saam met Ollie Viljoen begin werk aan materiaal vir ‘n nuwe boeremusiek/blues/rock fusion album. Opnames geskied in Januarie en ‘n Europese toer word gereël vir Augustus.
