BED ON BRICKS BRASSE VANNIE KAAP FLAT STANLEY FOTO NA DANS JACKAL + WOLF K.O.B.U.S! LARA FRANCES LUNA MYBURGH GROBBELAAR SIMON ORANGE TRIO VALIANT SWART WILLIM WELSYN

WILLIM WELSYN EN DIE SUNRISE TOFFIES

Hulle naam mag miskien te lank of obskuur of dalk te kinderlik klink maar met hulle musiek is daar niks fout nie. Etienne Nel sal jou wys waar Dawid die ritmewortel gegrawe het, Gerhard The Chosen One Grobler sal jou flous met sy vinnige vetsnaar vingers terwyl Willim Welsyn jou bekoor met sy wilde lirieke en diepsnyende kitaarwerk.


Hierdie drie jongelinge se oopkop-, onafhanklike- en avontuurlustige gesindheid teenoor hulle musiekloopbaan het hulle vreeslik populer gemaak by vele diverse gehore. Hulle is bekend vir hulle 'kopwegblaas' vertonings en vir die groot sound wat hulle as 'n driestuk rockgroep kan opdis.


Willim skop sy loopbaan in 2004 af met sy eerste vollengte album, Feromoon Rose, daarna spoor hy die Sunrise Toffies op en hulle neem hul tweede album, Buikspraak in 2006 as 'n volledige groep op. Hulle stuur twee musiekvideos na MK toe en toer vele kere na Pretoria, Johannesburg, Potchefstroom, Kaapstad, Stellenbosch, Bethlehem, Harrysmith, Ladismith, Clarence, Windhoek, George, Oudsthoorn, Jeffreys Baai en nog vele ander obskure dorpies. Hulle wen September se tref of trap kompetisie op die SABC 2 program, Pitstop. Daarna word hulle deur die Beeld-koerant genooi om deel te wees van die Sterre op die Horison produksie by Aardklop. Op die MK program ,6@6, bly hulle musiekvideo, Toastersport, nommer een vir twee weke en deel van die top ses vir twee maande aan een. Hulle word ook persoonlik genooi deur Niekie van der Berg van RSG se gewilde program, Se Wie, om die eerste Afrikaanse rockgroep te wees wat lewendig op sy program te speel gedurende KKNK. Hulle verskyn in verskillende dagblaaie, feeskoerante, tydskrifte, tv onderhoude en radioprogramme. Dit alles geskiet tussen 2005 en 2007.


Hulle het onlangs hulle derde album 'Kompos en Kraaie' opgeneem met die hulp van legendariese Tim Rankin en Schalk van der Merwe van Bed on Bricks. Nou le 2008 voor.


www.willimwelsyn.co.za